Joe Cocker

Joe Cocker
Joe Cocker in 2013
Agtergrondinligting
GeboortenaamJohn Robert Cocker
Ook bekend asJoe
Gebore20 Mei 1944
Sheffield, Engeland
Sterf22 Desember 2014
Crawford Colorado, VSA
GenresRock en blues
Beroep(e)Sanger-liedjieskrywer
Jare aktief1961–2014
EtiketteRegal Zonophone, A&M, Capitol, EMI, Decca
Webwerfcocker.com

John Robert "Joe" Cocker, OBE (20 Mei 194422 Desember 2014) was 'n Engelse rock- en blues-sanger. Hy raak in die 1960's bekend vir sy growwe stem, spastiese bewegings op verhoog en dekking van gewilde treffers, veral dié van die Beatles.

Met die Beatles se "With a Little Help from My Friends" bereik hy die nommer een posisie op die VK-treffersparade. Dié weergawe is as temalied vir die TV-reeks, The Wonder Years gebruik. Sy vertolking van Billy Preston se "You Are So Beautiful" in 1975 het die nommer vyf posisie in die VSA behaal.

Cocker het verskeie toekennings ontvang, onder andere 'n Grammy in 1983 vir sy treffer "Up Where We Belong" ('n duet met Jennifer Warnes). In 2008 is hy by Buckingham-paleis met die Orde van die Britse Ryk (OBE) vir sy musikale dienste bekroon.[1][2]

  1. "Rushdie and Eavis lead honours" (in Engels). BBC News. 16 Julie 2007. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Maart 2020. Besoek op 27 Desember 2008.
  2. Brit Awards: Best British Male Geargiveer 2 Februarie 2014 op Wayback Machine. Brit Awards. Besoek op 7 Julie 2012

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search